KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Wat is nou lekkerder om so aan die begin van die herfsseisoen te doen as om te leer weef? Klein-Brakrivier VLV se eie weef-ghoeroe en eerstepryswenner by die VLV-konferensie vir weefwerk, Retha Nagel en haar span, het VLV-lede en gaste in 'n pragtige saal verwelkom.
Die saal het spog kompetisie- en gepaste leefstyl-uitstallings gehad en Retha was gereed vir die oggend kompleet met uitdeelstukke, stopnaalde, wol en klaar voorbereide raampies.
Sy het die basiese beginsels van weef bespreek en gedemonstreer.
Die span gasvroue het uitgehang met heerlike eetgoed en filterkoffie. Voordat daar weggespring is met die werkwinkel het Annlerie van Rooyen van Ageless Grace, almal kom "opwarm" met bewegings op Whole lot of Shaking.
Die oefeninge het met baie lag gepaard gegaan en almal was daarna gereed om met 'n glimlag nuwe vaardighede aan te leer.
Vir April se byeenkoms word daar 'n gesellige treinrit tussen Hartenbos en Groot-Brakrivier beplan.
Vir meer inligting oor al die bedrywighede van die Klein-Brakrivier VLV-tak of om aan te sluit, kontak gerus vir Retha Horn (063 797 4695) of Lynette Nel (083 448 5548).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'