MOSSELBAAI NUUS - Na die goeie reën die afgelope naweek in die streek en die stygende riviervlakke en damme, was die Mosselbaai-munisipaliteit genoodsaak om die monding van die Klein-Brakrivier op Sondag, 19 Januarie meganies oop te maak.
Dié besluit het gevolg na noukeurige monitering van reënval en die vloei vanuit die opvangsgebied.
Oorweging is ook gegee aan verdere reën wat voorspel word. 'n Kontrakteur was reeds voormiddag op terrein en te midde van 'n baie sterk suidoostewind en reën, is die mond oopgemaak.
Die besluit om die mond oop te maak is genoodsaak om moontlike oorstromings en gevolglike skade aan eiendom langs die rivier, te vermy. Volgens die Suid-Afrikaanse weerburo, word klein hoeveelhede reën egter nog tot volgende week verwag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'