MOSSELBAAI NUUS - Erfenisdag was vanjaar iets besonders vir die kinders verbonde aan die Mossel Bay Care Centre.
Op 25 September is die Powertown-nasorgkinders na die Dias Museum geneem vir 'n toer en het hulle verkyk aan die interessanthede.
Die meerderheid van die kinders was nog nooit voorheen by die museum gewees nie.
Hierna is hull getrakteer met 'n lekker fliek en worsbroodjies.
Die Mossel Bay Care Centre het ook Erfenisdag gevier met 70 kinders van Ridgeview Primere Skool.
Hierdie kinders het ook 'n begeleide toer na die Dias Museum onderneem. Die bestuur van die museum het vir hulle gratis toegang gegee, twee busse gehuur om die kinders by die skool op te laai en weer daar af te laai, asook elkeen ‘n boereworsrolletjie, koeldrank, appel en naartjie geborg.
"Baie dankie almal het ons projekte borg. Ons bedank die bestuur van die museum bedank vir gratis toegang en dr Frater wat ons nasorgsentrum borg.
Hierdie leerders van Ridgeview Primere Skool het op 'n uitstappie na die museum gegaan.
Clive en Amelia van McDonalds Langeberg Mall het vir elkeen burgers, skyfies en koeldrank geborg. Dankie ook aan Anita (Arts Book & Craft) en Llara en George van Rensburg wat gehelp het met vervoer," sê Delene Berry van die Mossel Bay Care Centre.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'