Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die NG Moedergemeente Mosselbaai het op 6 Junie 'n projek geloods om die basaar wat op dieselfde dag sou plaasvind, met 'n 24 uur-fietsrit en -drafsessie te vervang.
Martin Cilliers en Henri Meyer op bergfietse en Dawie Zwiegelaar op 'n drafstap, gaan vir 24-uur om die kerk ry en draf.
Dié drie het Saterdag, 6 Junie om 12:00 weggetrek en sal Sondag 12:00 met hulle uitdaging klaarmaak.
Enigiemand wat graag ‘n bydrae wil maak kan gerus die webblad www.ngmosselbaai.co.za of NG Mosselbaai op Facebook besoek.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'