Leerders van TN Ndanda Primary School het ook by die skenking gebaat.
Kentz is tans gekontrakteer aan PetroSA, en deel van die kontrakvereistes is dat die gemeenskap daaruit voordeel moet trek.
In die verlede het Kentz onder andere ook 'n rugby/sokkerveld vir die skool geskenk.

Hier staan die waarnemende skoolhoof, mnr. T. Bango, die netbal afrigter, G. Constance saam met Greg Read en Sphamandla Mathonsi van Kentz, en mnr. Russel Mamabolo van PetroSA. Die leerders wat gretig die klere namens al die maatjies ontvang het, is Lelethu, Kelebogile, Shasika, Shashick, Kamva, Mhlungulwana en Siphenathi.