MOSSELBAAI NUUS - Op Sondag, 10 April om 17:00 praat Mosselbaaier, Karen Swanepoel (47) by die Kom Tuis-gemeente in Beldonstraat, Heiderand.
Swanepoel het onlangs 'n boek geskryf, Ek sal weer 'n loflied sing.
In die boek vertel Swanepoel van die swaar pad wat sy moes stap nadat sy haar man, Schalk (39) en haar kinders, Jeanelle (5) en Juan (2) in 2012 in 'n botsing reg van voor op die N1-hoofweg tussen Ventersburg en Winburg verloor het.
Karen was ook in die voertuig en is met ernstige beserings in die intensiewe eenheid in die Welkom Mediclinic opgeneem - die enigste oorlewende van 'n onomkeerbare gebeurtenis wat haar lewe in 'n oogwink verander het. Die botsing was op 10 Januarie 2012, twee dae voor haar 10de huweliksherdenking.
In die boek skryf Karen sy wil getuig van die hoop wat in haar leef.
"Ek wil deur my lewensverhaal te vertel, 'n inspirasie wees vir ander wat hul eie, unieke pynpad stap."
Karen het intussen met haar man, André getrou en het 'n tweeling Reynard en Desiré.
Vir meer inligting oor haar praatjie by die Kom Tuis-gemeente, kontak ds Gielie Joubert by 072 137 3535.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'