TUINROETE NUUS - Die jaarlikse gewilde Vrouedag van Outeniqua Dames Aktueel vind op 14 September by Eden Place plaas.
Die tema is Borrel en Bruis. Die oggend skop af met 'n optrede deur die Carpe Musicam!-orkes en die dansskool, Soul to Sole.
As gaskunstenaar tree George se eie immergewilde Elvis Blue op.
Die gassspreker is Myan Subryan, ‘n motiveringspreker maar ook die skrywer van onder andere Pierre Spies, Chad le Clos en Jannie de Beer se biografieë. Hy is ook ‘n lewensafrigter. Subryan het suksesvol met besighede, asook sportspanne soos krieketspanne, verskeie Olimpiese atlete en verskeie rugbyspanne onder andere die Leeus, saamgewerk. Sy se tema vir die dag is Christenskap, Afrikaans en rugby is nie boos nie.
Nog ‘n gewilde plaaslike kunstenaar, Michael Lindt, tree op as programleier.
Dan bevat die program ‘n heerlike geselstyd met Heinrich (Ollie) Terblanche oor koffie en Kelly Fourie-Barnard, ‘n prokureur van Mosselbaai wat praat oor testamente.
Johnny Klein, ‘n bekende radio- en verhoogakteur van RSG tree ook tydens die geleentheid op.
Die kaartjie sluit ‘n ligte ontbyt en ‘n smaaklike middagete in. Gaste kan vooraf tussen pragtige uitstallings rondsnuffel en elkeen ontvang ook ‘n lekker verrassingsak.
Daar is nog kaartjies teen R350 by Magdaleen Smook beskikbaar (044 873 6568 of 074 977 1986).
Johny Klein van RSG gaan van Ferdinand Deist se Sandveldstories voorlees.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'