MOSSELBAAI NUUS - Hulle het mekaar in 1965 ontmoet toe hulle nog op skool was by die Hoërskool Punt in Mosselbaai.
Jannie en Estelle trou op 31 Desember 1972 in die Mosselbaai-Suid Kerk waarna die onthaal in die Van Riebeeck-stadion se saal gehou is.
As opgeleide onderwysers, het hulle vir jare in die Oos- en Wes-Kaap onderwys gegee, voordat hulle teruggekeer het na hul tuisdorp en die viswinkel, Heiderand Vis, in 1996 begin het.
Hulle het die viswinkel na 25 jaar verkoop en dit word steeds deur die nuwe eienaars onder die naam bedryf.
Hul enigste dogter, Lelanie, is op 1 Januarie 1987 gebore. Lelani is met Le Roux Hoffmann getroud en het twee dogtertjies, Lemé en Leané.
“Wat ‘n voorreg om saam met julle hierdie goue mylpaal te vier. Julle is ongelooflike ouers en ‘n voorbeeld van onvoorwaardelike liefde. Julle leer ons om elke dag ons knieë op die grond te hou en dat die lewe slegs moontlik is met die Here in jou hart en Genade van Bo.”
Die boodskap kom van Lelani en Le Roux Hoffmann, hul dogters, Lemé en Leané, Estelle se suster Alta de Jager en haar seun, Dewaldt.
Jannie en Estelle Meyer vier vandag hul goue bruilof. Baie geluk!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'