MOSSELBAAI NUUS - Groot getalle inwoners van Elangeni in KwaNonqaba het opgeruk na die KwaNonqaba-polisiestasie waar hulle daarop aangedring het om die stasiekommissaris, lt kol Madongwana te spreek.
Dit volg nadat lede van die polisiestasie en verteenwoordigers van die polisie se openbare orde-eenheid vroeër vandag arrestasies uitgevoer het na aanleiding van 'n aantal strukture van buitelanders wat gisteraand in die woonbuurt beskadig en afgebrand is.
Sowat 50 gemeenskapslede en leiers vergader tans ondanks die reën met die stasiekommissaris.
Die polisie monitor die situasie. Tans is Mayixhaleweg steeds oop vir verkeer.
Verdere inligting sal volg namate dit beskikbaar en bevestig kan word.
Lees verwante artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'