Dit was 'n reuse sukses met goeie bywoning. Inwoners van so ver as George en Oudtshoorn het die gebeurtenis bygewoon.
Dit is duidelik dat meer mense deur die posseël-gogga gebyt word. Die gasuitstallers was Joh. Groenewald (bekende skywer van boeke oor seëls uit die Boere-oorlog en boeke oor seëls wat gedruk is vir dorpe soos Vryburg, Wolmaransstad en Lydenburg se eie gebruik).
Chris Mobsby het uitgestal van lokale poskantore en privatepos in die wêreld, terwyl Francois Conradie poskantooritems van ou stempels, borde, weegskale, spaarblikkies, telegramme, telefone, prente van ou poskantore van vroeer, ou possakke, posvervoer roetes deur Suid-Afrika en spaarseëls uitgestal het.
Dit was 'n baie besondere en gesellige aand gewees; die laaste gaste het die saal eers teen middernag verlaat. Spesiale dank aan mev Gerrie Conradie en aan al die ander mense wat 'n bydrae tot die groot sukses van die aand gemaak het.
Inligting oor Mosselbaai sy vereniging kan verkry word by die voorsitter, Jack Visser, by 082 332 5353 of by die sekretaris, Gerrie Conradie 082 952 6700.

Jack Visser (voorsitter) en die uitstallers, Chris Mobsby, Francois Conradie en Joh. Groenewald.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'