MOSSELBAAI NUUS - Bekende helikoptervlieënier, Kobus Crous is steeds in die Life Bay View privaat hospitaal nadat hy Covid-19 opgedoen het en is volgens berigte hy op die herstelpad.
Sy vrou, Lizelle het hom vandag verras met ‘n blyk van liefde aangesien dit die paartjie se vierde huweliksherdenking is. Boonop verjaar Lizelle vandag.
Sy het ballonne teen die saal waar Kobus versorg word se venster opgesit, waarmee sy haar liefde aan hom verklaar.
Lizelle het ballonne teen die saal waar Kobus versorg word se venster opgesit.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'