HERBERTSDALE NUUS - Herbertsdalers woeker in hulle nuwe tuine nadat hulle onlangs saailinge ontvang het.
Dit volg na 'n kapasiteitsbousessie in Maart waartydens die departement van landbou die groepie tuiniers meer oor bemesting, kompos en saailinge geleer het.
Op 26 Maart, is beetsaailinge, geskenk deur die department korrektiewe dienste uitgedeel aan 22 huisgesinne.
Die waarnemende hoof van gemeenskapskorreksies op Mosselbaai het dit mooi gestel toe hy aan die ontvangers sê: “Ons wil jul graag toerus om self te kan voorsien, in plaas daarvan om jul net een kospakkie te gee”.
Volgens Alma Kapp van die Mosselbaai-munisipaliteit se kantoor vir sake rakende geslag, gestremdheid, bejaardes en MIV/VIGS, vat die dit doel van die program akkuraat vas.
"Die gedagte is om voedseltekorte teen te werk deur die gemeenskap te motiveer om selfonderhoudend te raak. Hierdie tuine, sal maandeliks besoek word."
Gemeenskapslede wat dalk saailinge of sade vir die program wil beskikbaar stel, kan Alma Kapp kontak (044 606 5251) of stuur e-pos na akapp@mosselbay.gov.za
Aspirant groenteboere met hulle saailinge.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'