Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die 56-jarige Henry Walker het onlangs in die nuus beland toe hy tydens die verfilming van die Elders kykNet-program in die aanbieder, Erns Grundling, vasgeloop het.
Die TV-span van Elders, was besig om die Camino-roete tussen Uniondale en Mosselbaai te verfilm, toe hulle pad dié van Walker s'n gekruis het.
Die ontmoeting was tydens Paasnaweek 2022, toe Walker sy eie pelgrimsroete oor drie dae van Sedgefield na Uniondale gestap het.
Mossel Bay Advertiser het met hom by 'n vulstasie op die N2-snelweg buite Mosselbaai oppad na Kaapstad gesels.
Henry Walker, is 'n lewensafrigter wat glo sy huis is waar hy is. Hy is op 'n pelgrimstog van hoop. Na 27 jaar het hy reeds 2.5 miljoen kilometer afgelê, om volgens hom, 'n verskil te maak. Walker is in Welkom gebore, het in Klerksdorp skool gegaan en het as jong man uitgeblink in krieket waar hy in die premier-liga vir Kempton gespeel het.
VIDEO - Henry gesels oor sy eie pelgrimsroete (Video: Alet Engelbrecht ).
VIDEO - Making a difference by Henry Walker (Video: Alet Engelbrecht ).
Verkeerde besluite, alkohol en dwelms het gelei tot 'n stormagtige huwelik en 'n gebroke huisgesin. Ná drie selfdoodpogings, het hy in 1996 die pad gevat en so het sy soeke na 'n sinvolle lewe begin.
Sy 'motto' is om elke dag 'n verskil in mense wat oor sy pad kom, te maak.
Walker, wie se besigheidskaartjie hom 'The Motivator' noem, is beskikbaar om konsultasies, assessering en lewenstylafrigting vir besighede en individue te doen.
Sy leerstelling berus op "turn your history into your ministry", "turn your tests into your testimony" en "leave a legacy behind".
Kontak Henry Walker op 082 970 6659 vir verdere inligting.
Henry Walker se boeke en skrywes.
Henry Walker verduidelik sy denke en skrywes. Foto's: Alet Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'