Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Heidi Hobbs, oorsponklik van Groot Brak, sou in April, haar 52ste verjaardag gevier het. Sy is verlede jaar op Vrydag, 25 November, dood toe sy, haar seun en kleinkind by De Dekke, Groot-Brakrivier, raakgery is terwyl hulle die N2 oorgesteek het, nadat hulle die oggend op die strand deurgebring het.
Heidi is op die toneel dood en haar seun, Heinrich, (18) en kleindogter, Edlizaan (5) wat ernstige beserings opgedoen het, is vir 'n paar dae in die hospitaal behandel.
Elsie Gertse, die suster wat die naaste aan Heidi was, was bitter hartseer tydens die seremonie. Sy vertel dat hulle nog baie swaar kry en dat hulle elke dag na haar verlang. Die kleindogter het breinbeserings opgedoen en kan steeds nie enige iets van haar ouma onthou nie.
Anne James, wat 'n jaar jonger as haar suster, Heidi, is, sê dat die polisie nog besig is met die ondersoek na die ongeluk. "Toe ek 'n maand gelede met die ondersoekbeampte gepraat het, het hy gesê dat hulle nog wag op die uitslag van die bloedtoetse."
VIDEO - Heidi Hobbs se susters en ander familie het onlangs ballonne losgelaat om haar lewe te gedenk.
Vorige artikels:
- Heidi Hobbs se susters plaas blommekrans waar sy gesterf het
- Heidi Hobbs verbyrit 8 Desember
- Vrou wat naby De Dekke doodgery is, se naam bekend
- Vrou dood, kinders beseer toe voertuig voetgangers tref
Elsie Gertse sit by die kruis met die ballonne om hul suster wat in April sou verjaar het, se verjaardag te gedenk.
Die familie by die kruis wat langs die pad opgerig is waar Heidi Hobbs in November gesterf het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’