Update
MOSSELBAAI NUUS - Die soektog na 'n gemotoriseerde sweeftuig wat na bewering gisteroggend vroeg in die water naby die strand in Reebok geval het, is voorlopig afgelas.
Volgens Richard Botha, Bestuurder EMS Tuinroete Redding, sal die ondersoek voortgaan indien enige nuwe inligting wat dui op 'n vermiste persoon na vore kom.
Botha het ook gevra dat indien enige iemand wrakstukke of materiaal op die strande in die gebied vind, hulle dit ook sal aanmeld.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het al die punte geïdentifiseer waar sweeftuig-vlieëniers gewoonlik parkeer en dit gefynkam, maar kon tot dusver ook nie iets daar opspoor nie.
Die kommunikasiebeampte van die Groot-Brakriver-Polisiestasie, sers Lauriane Botha, het weer 'n beroep gedoen op die publiek om met enige inligting na vore te kom wat die ondersoek na die beweerde vermiste sweeftuigvlieënier, kan help. Sersant Botha kan op 082 552 1682 gekontak word.
Vorige artikels:
- Soektog na sweeftuig duur voort
- Reddingshelikopter help soek na vermiste hangsweeftuig
- Search ongoing after hang glider reportedly crashed into the sea
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'