Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Heelwat Mosselbaaiers kon hulle vanoggend weer verlustig aan 'n skouspel van weleer.
Twee gerestoureerde stoomlokomotiewe het Voorbaai vanoggend verlaat nadat hulle onder die vaardige vakmanskap van Bobby Rudman en sy span tegnici tot hul oorspronklike glorie herstel is.
Dit het boonop onlangs geblyk dat planne reeds ver gevorder is om die Voorbaai-depot in 'n lewende museum te omskep waar die publiek die reuse taak om die lokomotiewe te restoureer sal kan besigtig.
Boonop sal die museum aan die jongklomp die kans bied om die vaardigheid aan te leer by meesters soos mnr Rudman en sy span.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige berig: 'n Fees vir stoomentoesiaste
Foto & video: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'