Ondanks aansprake dui geen inligting daarop dat enige eise op Groot Brak Eiland geregistreer is nie.
Huidige eienaars wat hul eiendomme wil ontwikkel, word deur die jongste grondeise gekniehalter.
In een geval wil Groenkloof Ontwikkelaars die ou Saagmeule-grond ontwikkel, maar kan weens 'n grondeis nie vorder nie. Die eienaar het aan die Mossel Bay Advertiser bevestig dat hierdie grond, asook naasliggende grond wat tevore aan die Congregational Kerk behoort het, wettig verhandel is. Die eienaar het ook die transportakte van toepassing op die kerk se grond wat bewys dat die grond in 'n wettige transaksie verkoop is.
Munisipale grond ruil
• Direkte erfgename van individue wat ontneem is van regte in grond na 19 Junie 1913 as ’n gevolg van rasdiskriminerende wette en praktyke in die verlede, wat ’n eis inhandig;
