Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Lede van die Gourikwa Khoisan stamhuis het op Saterdag, 30 September, hul eerste Inheemse nasiefees by die Jeugkafee op Groot-Brakrivier aangebied.
Die fees het gehandel oor die bewusmaking en herstel van die Khoisan identiteit, kultuurgewoontes, inheemse Nasie-erfenis en menswaardigheid.
FOTOGALERY: Inheemse nasiefees by die Jeugkafee
Tanya Mwandila is as Mej Khoisan aangewys, terwyl die Barrydale Rieldansgroep die feesgangers met hul danse vermaak het en 'n drama oor die Khoisan-struggle opgevoer is.
Khoisan aktivis Sylvester Crawford en hoofman Barry Jacobs.
Tanya Mwandila is as Mej Khoisan gekroon. By haar is twee van die Khoisan feesgangers.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’