Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Graad 8-leerders van Hoërskool Punt, ook bekend as die Gorries moes op hulle tande byt tydens die vorige week se oriëntering.
Die graad 8's moes onder meer met plastieksakke om hulle voete skool bywoon en ook soos babas aantrek.
FOTOGALERY: Graad 8-leerders van Hoërskool Punt bekend as Gorries
Hulle mag ook nog nie soos die res van die skool tydens pouse op die skoolterrein rond beweeg nie en sit slegs in die 'vistenk', 'n plaveisel vierkant op die terrein.
Die oriëntering is egter deur die leerders in 'n goeie gees ontvang en die meeste het laat blyk dat hulle uitsien om eersdaags met hulle skoolbaadjies en skoolskoene die skool by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'