Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, het gesê Madiba se nalatenskap is kosbaar.
"Wat my van mnr Mandela opgeval het, was die sagtheid van sy oë, nooit het 'n mens haat of nyd daarin gesien nie. Sy glimlag, wat so maklik gekom het, was spontaan. Sy uitreik na kinders het alle protokol ontsien.
"Ek sal altyd met my saamdra die uitermate vergewensgesindheid van hierdie staatsman. Hy het uit die tronk gekom sonder haat of bitterheid. Hy het vrede, versoening en vergewensgesidheid gepredik. Mag ons Madiba se nalatenskap eer deur sy strewe na gelykheid ons lewensverhaal maak".
Ook die Uitvoerende Onder-Burgemeester, Raadslid Harry Levendal het die gehoor toegespreek.
Lees meer in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
Sien nog foto's hier.
.jpg)
Musiek vir Tata Madiba...
.jpg)
Madiba is onthou tydens vandag se gedenkdiens.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'