Update
MOSSELBAAI NUUS - Een persoon is dood in ‘n botsing tussen ‘n vragmotor, ‘n bakkie en ‘n voertuig vanmiddag op die N2 naby die Vleesbaai-afrit.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp, sê beamptes is steeds op die toneel en die identiteit van die oorledene is nog nie bekend nie.
Dit is ook nog nie bekend hoeveel mense beseer is nie.
Nooddienste is steeds op die toneel.
Die pad in die rigting van Mosselbaai is steeds vir verkeer gesluit, maar ‘n tweerigting stop-en-ry is in plek gesit.
Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.
Vorige artikel: Be cautious on the N2
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’