MOSSELBAAI NUUS - Drie insittendes van ‘n klein vragmotor is beseer nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n boom gebots het.
Die ongeluk het omstreeks 15:00 vanmiddag op die N2 tussen Klein- en Groot-Brakrivier plaasgevind.
Nooddienswerkers was op die toneel en die drie beseerdes is deur plaaslike ambulansdienste na die hospitaal geneem.
Die vragmotor is die enigste voertuig wat in die ongeluk betrokke was.
Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'