Video
MOSSELBAAI NUUS - Die bal is aan die rol vir eiendomseienaars binne die nuut voorgestelde grense van die Mosselbaai Sentraleverbeteringsdistrik om hulle steun aan die projek te kan toesê.
Vanoggend, Woensdag 27 Januarie het bestuurslede van die Mosselbaai Sentraleverbeteringsdistrik oftewel CID ‘n openbare kontaksessie met eiendomseienaars by Delfino’s Restaurant gehad.
Die CID is in reeds etlike jare in Mosselbaai gevestig met groot sukses en lewer tans ‘n daadwerklike bydrae tot onder meer veiligheid in die middedorp. Werner Schwella is die nuwe bestuurder van die CID-bestuur en het belanghebbendes vandag te woord gestaan.
Schwella het aan die Mossel Bay Advetiser gesê dat daar vir volgende week nog twee kontaksessies beplan word, waar eiendomseienaars die lys van strate en eiendomme wat in die voorgestelde area is, kan besigtig.
Slegs eiendomseienaars wat binne hierdie voorgestelde grense val, het stemreg in die proses om die CID se voetspoor te vergroot.
Kyk 'n video hieronder:
Verwante artikel: Nuwe horisonne maak Mosselbaai ideaal
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'