MOSSELBAAI NUUS - Erfenis Mosselbaai sien uit na 'n interessante praatjie tydens hulle algemene jaarvergadering hierdie maand.
Die geleentheid word gehou op 26 Oktober om 18:00 in The Town’s House op die Markplein oftewel, die hoek van Kerk- en Markstrate.
Dr Antoinette le Roux van Klein-Brakrivier sal die gasspreker wees.
Sy praat oor Buisplaas, die unieke klein gemeenskap aan die Gouritzrivier in die Mosselbaai-distrik naby Herbertsdale. Le Roux se tesis vir haar doktorsgraad handel oor dié gemeenskap wat sy oorsprong byna 160 jaar gelede gehad het toe Frederick du Buis die stuk grond aan sy seuns Simson en Saul gegee het. Die grond word steeds deur hul nasate bewoon.
Belangstellendes word vriendelik uitgenooi om die vergadering en aanbieding by te woon. Verversings sal bedien word. Daar sal ook geleentheid wees om by die vereniging aan te sluit teen R50 per jaar (enkelpersoon) of R75 (gesinne).
Navrae kan aan Carina Wiggill (082 687 9744) of Harry Hill (082 920 8850) gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'