Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Om selfversorgend te word in die huidige ekonomiese tyd asook die Covid-19 inperkings, is van groot belang vir huisgesinne e veral ook skole.
So 'n skool wat streef om in die behoeftes van hul leerders te voorsien, is St Lukes Primêre skool in Brandwag.
Daar word nie net aan die akademiese behoeftes van die leerders voorsien, nie maar ook dat die voedsame kos voorsien word. Onder leiding van mnr Calvin Mann, skoolhoof en die voorman by die skool, Cornelius (Kitty) Johnson, sorg hul groentetuin op die skoolgrond dat die kombuis minder afhanklik word van groente-aankope.
Met verskeie organisasies en instansies soos onder meer Transnet, die departement van landbou en die Mosselbaai-munisipaliteit het die groentetuin gegroei to bykans 'n selfversorgende aanvulling tot die skool se koskaste.
Op 12 Julie, met Wêreldomgewingsdag, het die skool in samewerking met Transnet en die Mosselbaai-munisipaliteit ertjiesade asook verskeie toerusting ontvang.
Die ertjiesade wat op 12 Julie geplant is het pragtig opgekom en sal in September geoes word.
Vandeesweek, tydens 'n besoek van die Mossel Bay Advertiser, het Mann en Johnson gespog met die plantjies wat pragtig opgekom het. Hulle verwag om in September reeds te oes. Verskeie ander gewasse soos kool, waatlemoen, uie, beet en ander word in die tuin verbou.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'