MOSSELBAAI NUUS - 'n Verdagte wat daarvan beskuldig is dat hy diefstal sou gepleeg het, is Woensdagoggend deur die gemeenskap van KwaNonqaba voor stok gekry toe hy probeer ontvlug het.
Volgens berigte het lede van die gemeenskap hom direk langs die KwaNonqaba-polisiestasie opgespoor waar hy probeer wegkruip het.
'n Ooggetuie wat die Mossel Bay Advertiser gekontak het, het gesien hoe die verdagte deur die gemeenskap met onder meer knopkieries toegetakel is.
Volgens die KwaNonqaba-polisie se woordvoerder, sers Kapp, is die verdagte per ambulans na 'n plaaslike hospitaal geneem en is geen dossier by die polisiestasie geopen nie. "Die gemeenskap word weer eens gevra om nie reg in eie hande te neem nie," maan sers Kapp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'