MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-gholfklub het op 1 Februarie sy nuwe algemene bestuurder, Steve Basson, by die klub verwelkom.
Steve het vanaf Namibië verhuis en ons is bevoorreg om sy talente as gholfspeler en bekwaamhede as bestuurder nou tot ons beskikking te kan hê.
Die 43-jarige Steve het in 1999 tot die beroepsgeledere toegetree. In 2015 het hy as algemene bestuurder by Windhoek Gholf- en Buiteklub in Namibië sy loopbaan voortgesit.
Steve is getroud en het twee seuns. Ons glo hy sal nie net vir ons klub 'n groot aanwins wees nie, maar dat hy en sy gesin baie geluk en voorspoed in ons gemeenskap sal ervaar.
Hy nooi alle gholfers uit om die Mosselbaai-gholfklub te besoek en 'n onvergeetlike ervaring te kom deel!
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'