Breaking News
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Toyota Fortuner met agt jongmense het tussen Klein-Brakrivier en Groot-Brakrivier op die R102 die pad verlaat.
Die ongeluk het vanmiddag, Sondag 4 Februarie plaasgevind.
Polisiewoordvoerder, sersant Laurianne Botha, het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat drie jong vrouens en vyf mans was in die ongeluk betrokke.
Nooddienste is op die toneel om die beseerdes te behandel.
Nooddienspersoneel op die toneel van die ongeluk.
Volgens inligting is daar tans digte mis in die omgewing van Groot-Brakrivier en motoriste word gevra om versigtig te bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’