Video
MOSSELBAAI NUUS - Die adjunkhoof van Laerskool Hartenbos mnr Anton Hoek het leerders en ouers tydens die laaste saalbyeenkoms vandag verras toe hy vir Marlene Lucas, ontvangsdame van die skool tydens 'n afskeidboodskap Frank Sinatra se I did it my way gesing het.
Lucas verlaat die skool na baie jare se diens.
Graad 7-leerders sê mnr Hoek is bekend vir sy pragtige sang en het hulle glo tydens die onlangse graad 7-toer in Kaapstad gereeld wakker gesing.
VIDEO:
Marlene Lucas
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'