MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskap van Mosselbaai word uitgenooi na die algemene jaarvergadering van die ACVV Mosselbaai.
Die geleentheid word op Woensdag, 15 September om 11:00 by Kenani Dienssentrum in Alphastraat op Mosselbaai gehou.
Die ACVV Mosselbaai se jaarverslag kan ook op 'n volgende geleentheid besigtig word.
Die geleentheid word gehou op Maandag, 27 September vanaf 12:00 tot 15:00 by die ACVV-kantoor in Montagustraat 116 op Mosselbaai.
Vir navrae kontak Shireen Martyns (044 691 1039).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'