Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Vernietigende brand verlede Woensdag en Donderdag, 8 en 9 Februarie het groot skade berokken vir 'n byeboer op die plaas Wolvefontein, tussen Gouritsmond en Gourikwa-reservaat.
Die brand het by Bitouville, Gouritsmond ontstaan en met 'n sterk oostewind, het dit weswaarts oor plase versprei.
FOTOGALERY: Byekorwe in brand beskadig
Ongeveer 80% van die 500ha byeplaas het afgebrand en 30 van die 100 byekorwe is ook in die brand verwoes.
"Draadheinings is erg beskadig maar die grootste skade is die vernietiging van fynbosweiding vir die bye wat vier tot vyf jaar neem voor dit weer genoegsame blomme het vir byevoeding," vertel Edwin Butler die eienaar van Wolvefontein.
Volgens Butler het vyf plase deurgeloop. Die brand het vermoedelik vroeg die Woensdagmiddag ontstaan waar gesteelde kabels gebrand is.
'n Sterk suidoostelike wind het die vuur aangejaag en teen ongeveer 16:00 het die brand ook die plaas Wolvefontein bereik.
Brandspanne van George en Working on Fire is ingespan asook 'n vliegtuig en helikopter om die brand onder beheer te bring.
Eers laat Donderdag, 9 Februarie het die wind suidwes gedraai en is die brand onder beheer gebring.
Sover bekend is geen huise deur die brand beskadig nie. Die noodspanne is geloof vir hulle harde werk en die spanne was tot Sondag, 12 Februarie op die toneel om die vuur te blus waar die brand weer opgevlam het.
Vorige artikels:
- Garden Route Wildfires: Bitouville (Gouritsmond, Hessequa)
- Garden Route Wildfires: Bitouville (Gouritsmond, Hessequa)
- Garden Route wildfire update: Bitouville
- Bitouville wildfire update
- Bitouville fire update
- Garden Route wildfire update: Bitouville
- Fire burning near Bitouville
VERSKAFDE VIDEO:
Dertig byekorwe soos die een is op die plaas Wolvefontein in die brand verwoes. Foto: Edwin Butler
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'