VERKIESINGSNUUS - "Ek wil as raadslid van Vryheidsfront Plus almal bedank wat die party gehelp tydens die 2019 nasionale en provinsiale verkiesing om in al die verskillende wyke en groter Mosselbaai merkbaar te groei. Die VF+ waardeer u steun opreg."
Die VF Plus se nasionale leier, dr Pieter Groenewald en die Wes-Kaapse leier, dr Corné Mulder het ook hulle opregte waardering uitgespreek teenoor al die VF+-kiesers en ondersteuners wat soms lang rye moes trotseer om hulle stemreg vir die VF Plus uit te oefen.
"Julle ondersteuning, van watter aard ookal word opreg waardeer.
"Ons sien uit daarna om julle te dien waar ook al julle in die land woonagtig is. Kontak my gerus vir navrae of ondersteuning," aldus raadslid Elroy Baron.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'