Sponsored Content
SAKENUUS - Vir die derde jaar in 'n ry het die lesers van Mosselbaai Tollies Slaghuis aangewys as beste slaghuis én beste biltong in die Best of Mossel Bay Readers' Choice-toekennings van 2026!
Vir Gerrit en Marie Cilliers en die hele Tollies-span is hierdie dubbele oorwinning 'n besondere eer. Om vir drie agtereenvolgende jare die vertroue en ondersteuning van Mosselbaai se gemeenskap te ontvang, is iets waarvoor hulle opreg dankbaar is.
Tollies is al vir meer as 20 jaar 'n bekende naam in Mosselbaai, met 'n passie vir gehalte vleis, heerlike biltong en vriendelike, persoonlike diens.
En hoewel die adres dieselfde gebly het, het Tollies sedert einde verlede jaar 'n nuwe winkel binne Agri in Louis Fourieweg - met 'n vars, moderne voorkoms en, nog belangriker, meer ruimte om klante selfs beter te bedien.
Die span is trots op hul nuwe winkel en nooi almal uit om 'n draai te kom maak en dit self te ervaar.
Baie dankie aan elke klant wat vir Tollies gestem het en hulle steeds ondersteun. Hierdie drie-in-'n-ry prestasie behoort net soveel aan julle as aan die Tollies-span!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’