Advertorial Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEOS - "Ons vier dit al van Januarie af. Dis nou einde Mei en ons is van plan om hierdie golf te ry tot die einde van die jaar toe."Dít is die woorde van Danie Acker, een van die direkteure van Rauch Gertenbach.
Vrydag, 13 Mei het Rauch Gertenbach as deel van hulle eeufeesvieringe 'n gholfdag by Pinnacle Point gehou.
Tagtig spelers het vanaf 12:30 die legendariese baan aangedurf. Hoewel dit 'n kompetisie was, was daar 'n feestelike gees onder die spelers.
FOTOGALERY: Raunch Gertenbach se eeufeesviering
Glen Taute en Willy Taute met 49 punte was die dag se wenners. Tweede was Morné Gericke en Jan Badenhorst met 48 punte en derde, Ian Gallacher en Lesley Gallacher met 47 punte.
Die dag, gepaardgaande prysuitdeling en ete was om Rauch Gertenbach se lojale kliënte te bedank vir hul ondersteuning deur die jare.
Die opbrengs van die dag was ter ondersteuning van die Mosselbaai-sorgsentrum en die kinders in pleegsorg by ACVV Mosselbaai.
Alle fondse wat die dag ingesamel is, word aan dié twee organisasies geskenk.
Borge was daar in oorvloed en Acker het in sy verwelkoming elke borg en donateur bedank vir hul openhartige bydraes om van die geleentheid 'n groot sukses te maak.
Tydens die ete is daar vier waardevolle items opgeveil. Tien pryse wat deur verskeie borge geskenk is, is aan die eerste 10 spanne uitgedeel.
Daar was ook 'n oorvloed van gelukstrekkings en bykans elke speler het iets ontvang. Veldpryse vir die 7de, 9de, 13de en 17de putjies is uitgedeel.
Video - Rauch Gertenbach - Danie Acker welcoming speech (Video: Jannie du Plessis).
Die personeel van Pinnacle Point is ook bedank vir die fasiliteite en die uitstekende toestand van die baan.
Acker het namens RG en die dag se begunstigdes elkeen bedank vir hulle deelname en ondersteuning.
Met bykans 60 personeel en 14 prokureurs is Rauch Gertenbach sekerlik een van die mees gevestigde en suksesvolle besighede in die Suid-Kaap met 'n ryk geskiedenis.
VIDEO - Frame by frame sequence video of golfplayers
(Video: Jannie du Plessis).
Wenners van die dag was Willie en Glen Taute met 'n totaal van 49 punte. Foto: Basson Piek
Rauch Gertenbach gee erkenning aan die volgende borge vir die dag:
Veiling
- Louvain Luxury Guest Farm and Herold Winery
- Botlierskop Game Lodge
- Johan Muller
- LegalSuite
Donasies
- Momentum Mosselbaai
- Johan Brink Finansiële Dienste
- Coastal Rigging
- MOTUS Group George
- Property Monopoly
- RemaxNova
- Just Property Mosselbaai
- Boshoff Visser Inc.
- E-Power Technologies
- Ultra Liquors Mosselbaai
- Arrie Nel Apteekgroep
Pryse
- E-Power
- LegalSuite
- Riverside Resort
- Daisy Business Solutions
- Simola Golf Club
- ABSA
- NEBFIN Rekenmeesters
- Denzil Klue Properties
- Pick n Pay Hartenbos
- Tekkie Town
- Pernod Ricard
Gelukstrekking
- International Hair & Make-up – Adele Van Niekerk
- Shark Cage Diving
- GC Concrete
- Garden Route Scuba
- Munro Bay Marine Services
- JDM Projects
- Art Grass
- SKIN
- HYPER Meat & Veg
- MERAKI
- Citadel
- Ring-a-Nerd
Rauch Gertenbach personeel by sommige van die pryse wat die dag uitgedeel is. Foto: Basson Piek
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'