Advertorial Gallery
SAKE NUUS - Vooruitgang gaan dikwels gepaard met ‘n mate van ongemak, maar dit is juis in die lig daarvan om toenemend ‘n uitmuntende inkopie-ervaring te bied, dat die Mosselbaai Mall op ‘n volgehoue basis méér aan die publiek wil bied.
Ná ‘n omvattende beplannningsproses, wat ‘n deeglike verkeersimpakstudie ingesluit het, word die parkeerterrein by die Mosselbaai Mall tans vergroot. “Die vergroting van die parkeerterrein met die toevoeging van sowat 168 parkerings, skep dalk tans ongerief waarvan ons deeglik bewus is, maar ons gee die versekering dat die uitbreiding gedoen word om die gemeenskap vir minstens die volgende 10, 15 selfs 20 jaar jaar te dien. Ons beoog om teen Paasnaweek die nuwe parkeerterrein in te wy,” sê Jaco Karg, die algemene bestuurder.
Volgehoue uitbreiding
Volgens Karg is die parkeeruitbreiding die voorloper van verdere opwindende ontwikkeling by die sentrum wat vir 2020 in die vooruitsig gestel word met die vestiging van nuwe huurders.
Sedert die sentrum in 2000 deur die huidige eienaars bekom is, is die uitbreiding van die sentrum se aanbieding aan inkopiegangers, voorop gestel. Die eerste fase, wat in 2004 plaasgevind het ingesluit die toevoeging van Ackermans en Mr Price.
In 2010 geskied fase 2 en die toevoeging van Clicks, Spur en Truworths. Opknappings aan die aanfanklike gedeelte van die sentrum begin in 2011 toe ‘n ruim binnehof-area geskep is.
Innovasie werp vrugte af en in 2012 word die sentrum benoem as die Mosselbaai Besigheidskamer se Besigheid van die jaar. Bankname FNB en Capitec word toegevoeg, asook Wimpy in 2013.
Die koms van Food Lover’s Market en Woolworths, asook ‘n verdere vyf TFG-groep handelsmerke is verwelkom in 2015 en in 2016 volg Dis-Chem en PnP Clothing om die aanbieding vir eers af te rond.
Nou is die vestiging van nuwe handelsmerke in die afsienbare toekoms weer eens in die vooruitsig.
Waterslim
Die Mosselbaai Mall funksioneer met ‘n diepe bewustheid van die realiteit van waterskaarste en het daarom ses 10 000 liter reënwatertenks by die sentrum aangebring. Hierdie water word aangewend om die sentrum se publieke toiletgeriewe te diens. Om onderbreking van sanitêre dienste te voorkom, is die stelsel so ingerig dat dit meganies oorskakel na munisipale water, indien nodig.
‘n Voorloper in herwinning
Die sentrum het ‘n herwinningsfasiliteit opgerig in Junie 2018 en maak gebruik van ‘n eksterne afvalbestuursmaatskappy wat hulle gereeld van statistiek voorsien aangaande hul herwinningspoging. “Ons het volgens die jongste terugvoering gedurende 2018 indirek meer as 2miljoen liter water bespaar en 1 414 bome gered. 67 ton karton is herwin gedurende dieselfde periode, asook, 2.3 ton glasbottels, 1 ton aluminiumblikkies en 7.3 ton papier én spog die fasiliteit gedurende hierdie periode met ‘n herwinningskoers van ongeveer 93%,” sê Jaco Karg. Hy voeg by dat die Mosselbaai-munisipaliteit, asook die Eden-distriksmunisipaliteit die sentrum gereeld besoek en kennis dra van hulle herwinningspogings.
“Dit is vir ons krities om voortdurend aan ons kliënte se veranderende behoeftes te voldoen en daarom ondersteun ons ontwikkeling en vooruitgang waarby die gemeenskap as ‘n geheel kan baat vind,” sluit Karg af.
Mosselbaai Mall
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'