Advertorial Video
SAKENUUS EN VIDEO - As jy op soek is na verpersoonlikte, gespesialiseerde regsdienste, is Dekker Prokureurs die antwoord. Vanjaar, in hulle tweede dekade, spog die praktyk met splinternuwe kantore in Hofmeyrstraat.
Imke Dekker, aan die stuur van Dekker Prokureurs, is ‘n spesialis in die bereddering van bestorwe boedels, eiendomsoordragte, testamente, trusts en kuratele boedels.
Paralegal en senior aktetikster, Karin Stears, is reeds sedert 2011 haar regterhand.
Deurwinterde prokureur, Krige Zietsman is ‘n konsultant by die firma en spesialiseer in litigasie.
Nicky Stears, nou ‘n kandidaatprokureur, is ook reeds sedert 2012 by die firma en hoop om haar horisonne as ekspert boedelberedderaar na familiereg uit te brei.
Kandidaat-prokureur Ethan Keyter, het onlangs by die firma aangesluit en tans is sy belangstelling gefokus op eiendomsoordragte en boedels.
Junior aktetikster Luané Bosman, tans ook besig met haar LL.B-studies, en ontvangsdame Ronel Theron voltooi die span.
Imke glo daarin om haar personeel te onwikkel en motiveer hulle tot verdere studie sodat hulle tot hul volle potensiaal kan ontwikkel.
VIDEO - Dekker Prokureurs - die definisie van verpersoonlikte regsdienste.
“Vir ons is dit belangrik om die heel beste diens te lewer in dit waarin ons uitnemend is. Ons glo aan die spreekwoord, skoenmaker hou jou by jou lees.” verduidelik Dekker, wat in 2016 deur die South African Council for Business Women as professionele sakevrou van die jaar aangewys is.
“Ons bied ‘n verpersoonlikte diens en staan kliënte met raad en daad by. Ons huiwer nie om die ekstra myl te loop nie. Ons is dankbaar teenoor elke persoon wat ons die afgelope 10 jaar ondersteun het. Sonder julle was niks wat ons bereik het moontlik nie,” sê Dekker.
Besoek Dekker Prokureurs by Hofmeyrstraar 49 of www.idprok.co.za
Skakel 044 690 5653 of stuur e-pos na imke@idprok.co.za of karin@idprok.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'