Advertorial Gallery
TUINROETE NUUS - Chas Everitt Internasionaal eiendomsgroep se Suid-Kaap-afdeling het op ‘n glansgeleentheid in Swellendam Woensdag, 1 Desember sy jaareindvieringe gehou.
Top presteerders in verskillende afdelings van eiendomsbemarking het hier pryse vir uitstaande werk ontvang.
‘n Trotse mnr Charles de Kock, hoof van Chas Everitt Suid Kaap het in sy toespraak sy spanne in die onderskeie kantore in die Suid-Kaap geloof vir hul toewyding en bereidwilligheid om Chas Everitt, die beste eiendomsagentskap in die land te maak. Hy het die onderskeie pryswenners bedank vir hul harde werk, maar ook die kantoorwerkers uitgesonder wat agter die skerms die wiele van die besigheid deurentyd aan die rol hou.
De Kock het in sy onderhoud met Suid-Kaap Forum drie dinge uitgesonder wat die Chas Everitt-spanne bo ander laat uitstyg: kwaliteit; konsekwentheid en eerlikheid. Dis hierdie kenmerke, volgens hom, wat die hoeksteen vir sy maatskappy se sukses vorm.
Sukses
Dis die kwaliteit van die diens wat gelewer word wat vertroue by enige voornemende koper wek. Die karakter van die agent word gesien in deeglike navorsing, wat ook insig in die mark en kennis van die lokaliteit insluit. Die gehalte van die voorleggings wat gemaak word, weerspieël die deeglikheid waarmee die agent voorberei om die kliënt deur die hele koop-/verkoopproses te lei. Net so dra die agent se persoonlikheid en manier van werk, ook by om die benadering van die maatskappy tot eiendomsbemarking uit te dra.
Konsekwentheid behels die noukeurige en volgehoue opvolg van moontlike verkopers; die verskaf van inigting wat aangevra word en deur die byhou van verslae van sulke opvolgwerk wat daagliks in dagboeke bygehou word. Dis gerusstellend vir kliënte om konsekwent van inligting wat hul finale besluit kan beïnvloed, voorsien te word.
Eerlikheid, byvoorbeeld met die prys, is die een eienskap wat kliënte bybly, lank nadat ‘n koop-/verkooptransaksie deur gehaak is.
“Moet niks vir die kliënt wegsteek nie,” beklemtoon De Kock. Jou integriteit in alles wat jy doen; jou karakter; jou hardwerkendheid en jou professionele omgang met kliënte moet die kenmerke wees van jou benadering tot eiendomsbemarking.
Rekordverkope
In sy toespraak aan die gaste en pryswenners, loof De Kock sy span vir rekordverkope in die afgelope 12 maande. Chas Everitt Suid-Kaap het 21% van hul begroting aan bemarking en promosie bestee. Ten spyte daarvan dat voorraadvlakke met 31% gedaal het, het die aantal Eksklusiewe Mandate met 5,3% toegeneem. Altesaam het die agente van Chas Everitt Suid-Kaap 36% meer eiendomme verkoop in die afgelope 12 maande as die vorige jaar, en dit terwyl die voorraadvlakke met 31% gedaal het.
Hy skryf hierdie prestasie toe aan volgehoue kwaliteitwerk deur die span, in plaas van kwantiteit. Chas Everitt Suid-Kaap het sy span met slegs 5.1% agente vergroot oor die afgelope jaar, maar tog het verkope met 44.6% gestyg. Hoewel die admistrasieprsoneel met 30% gedaal het, het die finansiële adminsitrasie en verkrygingskanaal onverbeterlik gebly, danksy die handjievol kwaliteit personeel.
Barry Davies, (Franchising Direkteur van Chas Everitt Internasionaal, wie ook die prysuitdeling behartig het, het De Kock geloof vir die manier waarop hy, sedert 2016, die Chas Everitt-franchise in die Suid-Kaap uitgebou het tot die beste Non-Metro Chas Everitt-franchise in die land. In ‘n onlangse radio-onderhoud kon hulle onomwonde antwoord dat Suid-Kaap die beste bemarkings fanchise van Chas Everitt is. Hy het de Kock geloof vir sy passie vir sy werk; sy noukeurigheid en sy aandag aan detail – kenmerke van alles wat hy aanpak.
Die gaste is vermaak deur befaamde pianis en kunstenaar, Rocco de Villiers. Sy uitmuntende musiek en skreeusnaakse staaltjies het bygedra tot ‘n genotvolle en volmaakte aand. Gaste is tydens die onthaal Vermaak deur Bottomless Coffee.
Fotogalery: Chas Everitt glansgeleentheid op Swellendam
Verhuringsagent van die jaar
- Brons – Byleveldt - Mosselbaai
- Silwer – Myra de Klerk - Mosselbaai
- Goud – Rozanne Lategan - Swellendam
Verkoopsagent van die jaar
- Brons – Jane Garcia - Calitzdorp
- Silwer – Theresa Bornman – Swellendam
- Goud – Cecelia Steenkamp, Endri Huisamen & Gerbrè Hill - Mosselbaai
- Platinum – Antoinette du Toit & Janka Niemand - Oudtshoorn
- Diamant – Jeanne Hamman – Stilbaai
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'