Sponsored Content
SAKENUUS - Veels geluk aan Battery Planet Mosselbaai wat aangewys is as wenner van die ‘Best of Mossel Bay Readers’ Choice’-toekenning vir die Beste Batterywinkel.
“Om tot hier te kom waar ons vandag is, was harde werk die afgelope 12 jaar,” vertel die eienaar, Freddie Strauss.
“Ek moes vir 24 uur per dag beskikbaar wees vir my kliënte. ? Battery vra nie waar en wanneer om die gees te gee nie.”
Freddie het uit ondervinding geleer dat jy nooit jou kliënte onderskat nie. “Om ’n besigheid te laat werk, moet jy nie dink jou kliënte is dom nie. Wees altyd eerlik, opreg, vriendelik en professioneel. Jou kliënt is prioriteit nommer een.”
Sy besigheidsinspirasie het uit die Vrystaat gekom. “In Bloemfontein was daar ? winkeleienaar, oom Cecil Awerbuchs, wat my altyd met respek behandel het, al was ek baie jare sy junior. By hom het ek geleer dat jy ander moet respekteer om gerespekteer te word.” Sonder getroue personeel is sukses onmoontlik!
“Ek kan ook nie al die eer vat vir die sukses van die winkel nie. Willem Liebenberg (bestuurder) asook Adrian Visser (assistent) het die afgelope jaar vir my die winkel bedryf. Hulle het die winkel hulle eie gemaak en baie druk van my skouers afgehaal. Aan al my verskaffers, kliënte en die wat my benoem/gestem het, baie dankie. Ek hoop dat die Here ons sal spaar sodat ons nog ’n lang pad sal kan saamloop."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’