MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 18 November, bied die Mosselbaai Kunstevereniging 'n baie spesiale musiekaand aan. Die 23-stuk Bay Strings & Chorus ensemble, onder leiding van Jeroen Roffel, sal musiek van Händel and Buxtehude speel. Dit gaan 'n heerlike aand van strykers, blaasinstrumente en vierstemmige sang wees - moet dit nie misloop nie.
Asof dit nie genoeg is nie, gaan die immergewilde pianis, Olive Sandilands, die gehoor in 'n voorprogram van spesiaal-uitgesoekte klaviermusiek vermaak. Voorwaar 'n skitterende eindkonsert vir 'n begeesterde musiekjaar.
Almal is welkom om die konsert wat by die Dias Museum plaasvind, by te woon.
Deure open om 18:30. Kaartjies, teen R80 per persoon vir lede, R100 vir nie-lede en R20 vir skoliere, kan by die deur bekom word.
Vir inligting skakel vir Abé Meintjes (083 268 3718). Lidmaatskap van die kunstevereniging vir 2018 kan by die konsert bekom word teen R100 per persoon.
Bay Strings & Chorus ensemble sluit môreaand die Mosselbaai Kunstevereniging se musiekjaar af.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'