MOSSELBAAI NUUS - In net meer as 'n week nadat die Mosselbaaise rockgroep, Van Konings hulle nuwe musiekvideos, Lost bekendgestel het, het die snit reeds groot byval gevind.
Hierdie nuwe snit, is op die eerste dag van vrystelling verlede week reeds 3 300 keer gekyk en is meer as 130 keer gedeel. Positiewe kommentaar op facebook oor die besielende lied sluit in: "Hoe anders dorp van die jaar - hou groot makietie 7de Oktober."
"Love dit. Goeie werk....leap to more greatness!!" skryf 'n ander kommentator, gevolg deur - "Baie mooi, julle kan maar, TROTS MOSSELBAAI!!!!!"
Nog 'n stukkie kommentaar moedig die res van die gemeenskap aan om hierdie musikante te ondersteun: "Sooo mooi julle en trots op julle - Mossel Bay give a shout out for them."
Van Konings bestaan uit vier kranige plaaslike musikante, baskitaarspeler Jemin Koen met Johan Smit op tromme. Leon van Rensburg is die sanger en liedjieskrywer en sy broer Morné speel die kitaar. Hierdie is die groep se tweede musiekvideo saam met videograaf en joernalis van die Mossel Bay Advertiser se susterkoerant, George Herald geskiet. Die vorige musiekvideo, Oggend Son is in 2015 vrygestel.
Van Konings se nuwe snit, Lost kry goeie terugvoering. Die groep is trotse Mosselbaaiers.
ARTIKEL: CORNELLE CARSTENS, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'