Op Saterdag 18 Oktober, vanaf 08:00, gaan potjiekoskonings kompeteer vir groot pryse.
'n Hele paneel beoordeelaars besluit oor wie se pot die beste smaak, te oordeel aan aroma en voorkoms, die beste spangees, en die beste tema. Vanjaar gaan 'n groot prys aan die pot wat die beste smaak het.
Porsies potjiekos beloop R35 per bord. Daar is 'n wye keuse om aan elke moontlike smaak te voldoen, onder meer hoender, osstert, seekos, afval en skenkelpotjies. Die opbrengs van die kaartjies gaan elke jaar na die Burgemeestersfonds.
Ywerige potjiekoskokke word genooi om hul geheime resep te kom opdis. Inskrywingsgeld beloop R100 per pot. Die kos wat na afloop van die kompetisie oorbly, indien enige, sal aan talle liefdadigheidsorganisasies geskenk word.
Besighede kan gerus 'n span saamstel en hul vernuf kom wys terwyl almal in die heerlike atmosfeer van pret, plesier en heerlike smulkos deel. Besoek Karine Terblanche by die Goods Shed om in te skryf.

Mosselbaai se Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, en die munisipale bestuurder, dr Michele Gratz, het laas jaar ywerig beoordeel aan die talle potjies wat voorgesit is ten bate van die Burgemeestersfonds.
Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'