MOSSELBAAI VERMAAK NUUS - 'n Fees van liedere - met geen sanger in sig nie. Hierdie uiters gewilde Charl du Plessis Trio is terug in Mosselbaai met hul nuutste konsert Opposites Attract. Liriese musiek van Rossini en Mozart word verweef met vleiende jazzklanke soos C-Jam Blues, Django en Caravan. Met Charl du Plessis op klavier, Peter Auret op tromme en Werner Spies op bas is hierdie 'n bederfkonsert wat nie misgeloop mag word nie.
Dit vind plaas op Saterdag, 20 Oktober in die Dias Museum om 19:30. Deure open om 18:30.
Vooraf bespreking word sterk aanbeveel en kaartjies (R100 vir lede van die Mosselbaai Kunstevereniging, R120 vir nie-lede, R30 vir skoliere) kan by Abé Meintjes bekom word (083 268 3718).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'