Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Verlede Vrydagaand is daar in die saal van Curro Mosselbaai geskaterlag oor al die manewales van die legendariese Trompie-karakter wat vir dekades 'n Suid-Afrikaanse ikoon was.
Die opvoering is op die planke gebring onder die bekwame leiding van Natasja Engelbrecht deur die laerskoolleerders van Curro Mosselbaai.
Trompie en sy maters, Rooies, Dawie en Blikkies was altyd aan die kattewaad doen en die Boksombende se avonture het groot en klein vermaak. Die spel van die jong akteurs was briljant en die gehoor het die opvoering geweldig geniet.
Die opvoer van die drie bekende TV-advertensies oor 'n bekende sjokolade, koffie-verromer en grondboontjiebotter het ook wonderlike herinneringe teruggebring.
Die vrouediens se item waar onderwysers mimiek gedoen het op die bekende liedjie I will follow Him opgevoer het, het letterlik die gehoor laat skreeu van die lag en die Mossel Bay Advertiser het verneem dat daar die volgende dag 'n hele paar onderwysers met seer spiere was.
Die produksie het weer eens bewys gelewer van die tonne, soms verskuilde, talent in Mosselbaai.
'n Vrolike vrouediens - hierdie item het die gehoor laat skaterlag. Foto's: Tersia Marais
Wie onthou nie hierdie TV advertensie nie "it's not inside on top"?Foto: Tersia Marais
Blikkies (Musa Ngonoyomo) en Trompie (Nieldemar le Roux) lê hulle volgende kattekwaad en beplan tydens die openingstoneel van Trompie deur Curro Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'