MOSSELBAAI NUUS - Ricardi Matthee (16), 'n graad 11-leerder van Curro Mosselbaai, het aan die National Blind Judo Championships in Germiston deelgeneem.
Hy verwerf die goue medalje in sy gewigsafdeling.
Op 21 en 22 Maart het hy aan die South African Sports Association for the Physically Disabled (SASAPD) nasionale atletiekkampioenskap, ook in Germiston, deelgeneem.
Hy presteer goed en wen beide die 100m en 200m goud en stel sodoende nuwe SA-rekords op die 100m asook die 200m vir seuns o/17 T12.
Die T12-kategorie is vir siggestremde atlete. Hierdie atlete het beperkte sig en die vermoë om die vorm van 'n hand op 'n afstand van 2m te kan sien. Verder is hulle vermoë om duidelik te kan sien nie meer as 2/60 nie.
Ricardi breek ook die SA-rekord in verspring. Hy hardloop in die 100m ook die derde vinnigste tyd van die Suid-Afrikaners op senior vlak.
Op 24 Maart neem Ricardi deel aan die Suid-Afrikaanse kragoptel-kampioenskap op Fochville. Hy neem deel onder die sub-juniors 66kg met 'n hurksit van 125kg, opstoot van 70kg en dead lift 160kg teen die bestes in SA en verwerf 'n medalje.
Ricardi Matthee
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'