Verskeie spelers het die aand trofeë huis toe geneem en kan opreg spog met hul prestasies.
Die Sportman van die Jaar 2014 is Edgar Syfers, terwyl Anroy Roelfse as Speler van die Jaar aangewys is.
Raydon Trantraal is as die beste agterspeler van die jaar aangewys, terwyl die beste voorspeler Kyle Olivier is. Die mees toegewyde speler is Bradley Volkwyn.
Hen-Lin Botha het as agterspeler van die jaar presteer en die voorspeler van die jaar is Cassian Oktober.
Die toegewydste speler is Enrico Oktober, terwyl JP Kock ge-kroon is as die beste leier op die veld.
Die beste agterspeler was Diego Kiewiet, terwyl Marguin Smart as beste voorspeler aangewys is.
Die mees toegewyde speler van die jaar is Ravian Wesso.
Wenner van die Tweedeliga van die SWD Rugbyklub Kaptein is Martin van Niekerk.

Die voorsitter van Groot-Brakrivier Rugbyklub, mnr Rodney Volkwyn, oorhandig die Beste Leierskapstrofee aan die kaptein van die klub, mnr JP Kock.
ARTIKEL EN FOTO'S: HENRY KOERT
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'