GARDEN ROUTE NEWS - Die Internasionale Jaggeweerskiet-vereniging (IHRSA) se vyfde wêreld-jaggeweerskietkampioenskap vind van 12 tot 18 Julie by die Louvain-gasteplaas naby Herold plaas.
Dié geleentheid, wat deur die Suid-Afrikaanse Jaggeweerskietvereniging (SAJSV) aangebied word, beloof om van die land se beste skuts te lok en sluit deelnemers uit die Tsjeggiese Republiek, Namibië en Suid-Afrika in.
Die kampioenskap begin Sondag 12 Julie om 18:30 met 'n baadjieoor-handigingseremonie vir die kleiner-kaliberspanne. Die amptelike opening en vlaghysing vind Maandag 13 Julie om 08:00 plaas. Registrasie vir die opeklas (groter kaliber gewere) vind Woensdag om 17:30 plaas, tesame met die baadjieoorhandiging vir dié spanne.
Die kampioenskap word Saterdag 18 Julie afgesluit met 'n formele dinee, waartydens die individuele wêreldkampioen, asook die wenspanne in die ope, dames-, B- én junior spanne aangekondig word.
So reg soos ’n roer. Foto: Verskaf
Ingeskrewe skuts per dag
• Maandag: 101 (.22 LR/PCP)
• Dinsdag: 101 (.22 LR/PCP)
• Woensdag: 87 (.222/.223)
• Donderdag: 148 (ope)
• Vrydag: 148 (ope)
• Saterdag: 153 (ope).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’