TUINROETE DISTRIK JUKSKEINUUS - Op Woensdag, 13 Oktober het die Groot Brak, Boggomsbaai, Gouritz en Danabaai se jukskeispanne mekaar weer op Danabaai se bane aangevat.
Jukskei het beslis geseëvier, aangesien almal teenwoordig in 'n gesellige luim was. Ook die aanmoediging van spelers was 'n absolute bonuspunt.
Uitslae
A-afdeling: Danabaai 30, Groot Brak 24, Gouritz 23 en Boggomsbaai 13
B-afdeling : Gouritz 28½, Danabaai 24½, Groot Brak 20 en Boggomsbaai 17
C-afdeling: Danabaai 28, Groot Brak 26½, Gouritz 21 en Boggomsbaai 14½
Danabaai het as algehele wenners weggestap met 82½ punte, Gouritz met 72½ punte, Groot Brak met 70½ punte en Boggomsbaai met 44½ punte.
Die wenspan uit Danabaai is Tap van der Schyff, Dries Visagie, Febe Streicher en Jan le Roux.



'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'