MOSSELBAAI JUKSKEINUUS - Die tweede helfte van die 2019-2020 jukskeiseisoen het traag begin, Dit is hoofsaaklik te wyte aan die feit dat verskeie spelers nog met vakansie is, terwyl andere deur een of ander ongeval getref is.
Hoewel die inskrywings teleurstellend was, het dit nie aan geesdrif by die deelnemende spelers ontbreek nie.
Die opening het om 08:00 geskied en net na 08:30 het die onderskeie spanne mekaar in die driespel (trips) formaat die stryd aangesê. Daar is in 'n B- en C-afdeling meegeding.
Hartenbos het sy normale A-spanspelers verdeel ten einde 'n meer ewewigtige wedywering te verseker. Soos te wagte het die B1- en B2-spanne van Hartenbos mekaar deeglik opgekeil. Die finale puntestand weerspieël dan ook die strawwe kompetisie tussen voormelde twee spanne. Verskeie goeie houe het verseker dat puik skofte aangeteken kon word.
In die C-afdeling het Hartenbos se tripspan korte mette met die opponent gemaak en met goeie punte die eerste posisie op die punteleer ingeneem. Hardnekkige teenstand deur die opponente het tog 'n klein punte verskil in die finale puntestand getoon
Die finale puntestand is oos volg:
B- afdeling:
1. Hartenbos B2 (39½); 2. Hartenbos B1 (30); 3. Riversdal B (20½)
C- afdeling:
1. Hartenbos (59½); 2. Riversdal C1 (53½); 3. Riversdal C2 (48½); 4. Mosselbaai (38½)
Saterdag
Môre, Saterdag 1 Februarie, vind die MP Prinsloo-toernooi op Beaufort-Wes plaas.
Spanne van Eden-distrik (Suid-Kaap), Westelike Provinsie, Kaapse Wynlande (vroeër Boland) neem deel. Spanne van die Noord-Kaap (Kimberley se wêreld), asook vanaf die Vrystaat skryf ook jaarliks in.
Overberg uit die omgewing van Caledon en Hermanus is self gedugte opponente. Dit beloof 'n strawwe wedywering in alle afdelings van die kompetisie te wees.
Verskeie navrae deur inkomende inwoners wat in die omgewing van Hartenbos en Mosselbaai kom aftree het is ontvang, aangaande speeltye (oefeninge) die beskikbaarheid en bekombaarheid van skeie, ensomeer.
Ten einde antwoorde en inligting te bekom word die volgende persone se besonderhede voorsien:
- Hendry Gerber (president van Eden-jukskei) - 073 703 4311
- Bossie Boshoff (bestuurslid) - 044 693 0452 of 076 317 9017
- Sydney Stopforth - 082 371 3637
Kontak voormelde persone verkieslik saans na 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'