MOSSELBAAI NUUS - ‘n Drie-en-twintigjarige vrou is in hegtenis geneem by die Spar op Hartenbos in verband met winkeldiefstal, nadat sy glo vir ‘n tweede keer met ‘n mandjie kruideniersware uit die winkel probeer stap het.
Volgens inligting het die vrou, die ma van ‘n tweejarige dogter, op 6 April met ‘n mandjie kruideniersware uit die winkel geloop sonder om te betaal.
Haar oortreding is egter op die winkel se kamerastelsel vasgelê en toe sy op 7 April weer dieselfde probeer doen, is sy in hegtenis geneem en aangekla van winkeldiefstal.
Die vrou sal in Mei voor die hof verskyn. Daar word vermoed dat sosio-ekonomiese nood vanweë die huidige staat van inperking moontlik die oorsaak vir die misdaad kon gewees het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'