Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tien mense is beseer nadat ‘n taxi op Woensdag, 16 November teen die SA Concerts-gebou, langs die kuierplek Bons in Voorbaai gebots het.
Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit het die insittendes, insluitend die bestuurder ligte beserings opgedoen. Die voorval het om ongeveer 06:00 plaasgevind.
Die oorsaak van die ongeluk moet nog bevestig word.
Volgens die munisipaliteit se woordvoerder dui ‘n voorlopige ondersoek daarop dat die remme onklaar geraak het.
Hierdie beeldmateriaal van ‘n geslotekringtelevisie doen tans die ronde op sosiale media:
Vorige artikel: Taxi bots teen gebou
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'